Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Seisoen Magazine

issue 1
Magazine
Always available
Always available

Seisoen is die tydskrif wat jou help om die oomblikke van skoonheid in jou lewe ten volle te geniet. Of jy nou nuwe avonture soek, handwerk patrone ontdek, of stylvolle plekke verken, Seisoen bring dit alles saam.

VAN DIE REDAKTEUR

DAKKAMER BY DIE SEE

Seisoen Magazine

SKRYF VIR ONS BRIEWE • Ons wil graag van jou wil hoor in die volgende uitgawe! Skryf aan ons oor enige iets wat jy oor passievol is of moed gee en inspireer om lewe met diepte aan te pak. hellojanneserasmus@gmail.com

SKRYF Someruitgawe AAN ONS

NOSTALGIE IS BITTERSOET • Wanneer die aanslae van die lewe te erg word, loop ons terug op bekende paadjies, terug na die verlede. Ons onthou slaapliedjies, padkos, diere kyk in die Kügerwildtuin, en die geur van ma se parfuum

WYSHEID, SONDER GRYSHEID • Alhoewel ons dikwels die eienskappe van kinders waardeer, is daar ook diepgaande en subtiele wyshede wat ons as volwassenes maklik miskyk.

WANDEL SAAM GELOOF • Dit is nie 'n wens dat dinge beter sal word nie, maar 'n werklike geloof, selfs al is daar geen bewyse dat enigiets sal verander nie. Ons kan nie hoop hê sonder geloof nie.

ONTBYT SAKE • Om ons dag bewustelik en doelgerig te begin, is een van die sterkste maniere om ‘n lewe van voorspoed en vrede te bou – ‘n lewe wat nie net funksioneer nie, maar floreer.

BLOED GLUKOSE • Bloedglukose, of die hoeveelheid glukose in jou bloed, is nie net 'n eenvoudige getal nie; dit is 'n belangrike maatstaf van jou liggaam se energie en gesondheid..

DIGGERʼS CREEK • Die dokter het net twee dae gelede ‘n melanoom so groot soos ‘n R2-stuk tussen my slaap en linker oor uitgesny – “te veel in die son” het hy vir my gepreek. Dié dat ek nou maar met die breërandhoed soos ‘n wafferse cowboy my ysterperd teels gee.

ELSA STOFBERG SPIEËLBEELD • Sy wil net gaan sit om haar koffie te drink toe sy dit hoor. Dit klink soos tok. Kan dit ‘n voël wees? Daar stop dit. Net toe sy sit, hoor sy dit weer. Iemand tok aan haar voordeur. Tussen die blare en die ivy wat al die voordeur toegerank het, tok iemand wraggies. Lanklaas dit gehoor. Summier is sy ontstig. Vir wat sal enige iemand aan haar deur kom klop, na al die jare.

LIG & HOOP OP JOU PAD • Die belangrike les is om nie te vrees dat dit eindig nie, maar eerder om te glo dat dit altyd weer sal terugkeer selfs na die koudste winter.

VREESLOSE VERANDERING • Daar is 'n diep ingebore behoefte in ons almal om beter, groter, en meer vervulde lewens te leef. Of ons dit nou wil erken of nie, die gedagte aan verandering klop gereeld aan ons harte.

GOED GENOEG • Ons vergeet soms dat ons reeds genoeg is – net soos ons nou is. Ons jaag onsself uitasem agter prestasies aan, terwyl die ware vreugde lê in deelname, groei en aanvaarding van ons unieke reis.

OUMA RUBY SE HUISIE • Ek ry onlangs verby Ouma Ruby se ou huisie. Die keer is die deur en die hek toe. Die vensters is toe. Die huis groet my nie meer nie.

HUPPEL IN JOU STAP • Ouer mense regoor die wêreld begin draf nie net om hul gesondheid te verbeter nie, maar ook om geestelike en emosionele voordele te ervaar wat hierdie eenvoudige, maar kragtige aktiwiteit bring.

BECOMING A SUSTAINABLE RUNNER

VERBORGE SALIGHEID • Die Karoo met sy uitgestrekte vlaktes en groot oop hemelruimtes, het ‘n manier om die siel van enigeen wat sy roepstem volg, te kalmeer.

SOMER IN JOU TUIN • Alhoewel somer nie altyd die maklikste tyd is om jou tuin te versorg nie, bied dit ook ’n unieke geleentheid om met hittebestande en kleurvolle plante te eksperimenteer.

MEDITERREENSE Wes-Kaap

SUBTROPIESE KwaZulu-Natal & Oos-Kaap

GEMATIGDE Vrystaat, Gauteng, Noordwes

SEMI-WOESTYN Limpopo & Noord-Kaap

SEISOEN TRUI • Hekel hierdie maklikke trui wat perfek is vir warmer dae....

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans

Loading