Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad

Jan 23 2025
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

NUUS

STOF TOT NADENKE

Dié somer verg ’n koelkop • In ’n deurmekaar graanseisoen soos die huidige een in Noordwes, is dit belangrik om koelkop te bly en nie ondeurdagte besluite te neem nie, sê Pieter Kleingeld, wat sedert November NWK se leisels vashou.

Om dinge vanjaar anders te doen

Briewe

Minister se wiele laat die modder spat

Mielies ‘staan op soos Lasarus’ • Mielies in die sentrale en oostelike dele van die Vrystaat wat deur die droogte gestrem is, het wonderbaarlik kop opgetel. Daar is wel nog distrikte wat angstig wag op opvolgreën, veral in die Noordwes-Vrystaat. Teen druktyd het berigte ingestroom van oormatige nat lande (sien bl. 18).

Somerseisoen nog in die weegskaal • Hoewel daar hoop op herstel is nadat goeie reën die afgelope tyd in baie dele van die somerreëngebied geval het en die produksietoestande beter lyk, sal dit waarskynlik swakker wees as wat aanvanklik gehoop is.

Dele van Mpumalanga kry reeds meer as 300 mm reën in nuwe jaar • In die eerste agt dae van 2025 het dele van Mpumalanga reeds meer as 300 mm reën gekry.

Namibië juig oor reën, maar kolle steeds droog • Boere in Namibië is versigtig optimisties dat die goeie reën wat in Januarie oor groot dele van die land geval het, ’n aanduiding is dat hulle vanjaar beter reënval, wat dringend nodig is, gaan kry. In die suide is die jare lange droogte nog lank nie gebreek nie.

SA nog in Agoa, maar geen nuus oor avo’s en sitrus • Donald Trump se tweede presidentstermyn bring talle onsekerhede, waaronder Suid-Afrika se hoop om avokado’s en sitrus uit alle produksiegebiede na Amerika uit te voer.

BFAP-som wys landbou het nie só erg gekrimp • Die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) het óók bereken wat die landbou se bruto binnelandse produk (BBP) in die eerste drie kwartale van verlede jaar was, en tot ’n ander slotsom as die amptelike syfer gekom.

Bloubessieboer ly reuse-skade weens suzuki-asynvlieg • ’n Bloubessieboer van die Suid-Kaap, wat bykans al sy bemarkbare bloubessies moes vernietig, is tot dusver die hardste getref deur die suzuki-asynvlieg sedert dié Asiese plaag verlede jaar die eerste keer in plaaslike vrugteboorde opgemerk is.

Top-landbouneigings: Gaan robotte bossies uittrek? • Die gebruik van robotte vir meganiese onkruidbekamping as alternatief vir oesbeskermingsprodukte en onkruiddoders word een van die topneigings in die internasionale landbou genoem.

SA bedrywe reg vir nuwe internasionale standaard • ’n Nuwe vereenvoudigde wolstandaard vir gesertifiseerde vesel word in Junie 2026 verpligtend. Boere bepleit egter ’n groter premie vir die ekstra inspanning.

SA se appels weer welkom in Thailand

Lewensversekering hét implikasies vir boedelbelasting • Heelwat wanopvattings bestaan oor die belasbaarheid van versekeringsuitbetalings, soos dat uitbetalings van lewenspolisse kwytgeskeld is van boedelbelasting. Die impak van boedelbelasting in dié verband moet verstaan word om seker te maak jou begunstigdes ontvang die bedrag wat jy vir hulle beplan het.

Risikobestuur: Klem val ál meer hierop • Risikobeoordeling behoort ’n ál groter rol in besluitneming en strategie te speel. Aan die begin van elke jaar of produksiesiklus behoort evaluering op jou lys van voorrangsake te wees.

Elke grootte dra gewig • Die jongste syfers oor die bydraes van boerderye van verskillende groottes tot verskillende sektore is, soos gewoonlik, veelseggend. Dit is egter belangrik om nie oorboord te gaan met...

Expand title description text
Frequency: Every other week Pages: 117 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Jan 23 2025

OverDrive Magazine

  • Release date: January 17, 2025

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans