Baba & Kleuter is die enigste Afrikaanse ouerskaptydskrif in die land. Ma's wat net die beste vir hul kinders wil hê maak staat op ons vir raad en inligting. Ons is passievol oor ouerskap en maak ma-wees makliker vir jou. Baba & Kleuter is`n ouerskaptydskrif wat alles dek van swangerskap tot en met graad een. Ons inspireer ons lesers met deeglike, inspirerende artikels om beter ouers te wees en hul kinders met selfvertroue groot te maak. Ons skep `n gemeenskap van oopkop Afrikaanse ouers wat almal glo in heilsame gesinne waar elke gesinslid hom- of haarself ten volle kan uitleef. Lees Baba & Kleuter, en jy sal klaar soos 'n beter ouer voel.
Baba & Kleuter
Die interessantse pad
Deel & wen! • WEN ’N GESKENKPAK VAN THE BABY SHOPPE TER WAARDE VAN R850!
Avontuurlustige woelwater • Die klein Pretorianer Stefan Redelinghuys Pretorius (21 maande) se lewensvreugde is aansteeklik en laat mense om hom glimlag net waar hy gaan. Sy ma, Annuska Pretorius, vertel hoe helder sy lig reeds skyn.
ONS SOEK 2024 se voorbladsterre
inboks
Groete uit NIEU-SEELAND • Clarise Terhoeven en haar gesin woon nog net enkele maande in Nieu-Seeland, maar droom reeds van ’n boot.
SLIMKOP PRET • L.J. Koen verbeel hom nog altyd hy is Professor Weet-Als en hy is dol oor eksperimente. Sy ma, Madelein, het besluit om ’n wetenskappartytjie te reël, want as jy vyf jaar oud word, verander jy in ’n Professor Weet-Als!
LIG & LEKKER • Skep jou bord vol kos wat jou liggaam en jou gesondheid voed. Hierdie uittreksel uit Kansa en B-well-olie se Smart Choice Cookbook wys jou hoe.
REG VIR BABA #2? • Voel jy gereed vir nog ’n rondte van doeke ruil en min slaap, of laat die gedagte jou hare regop staan?
MAAK MA WEES WEER PRET! • Ons sien met ons hele wese daarna uit om ma te word, maar soms oorweldig die daaglikse roetine en bekommernisse ons so dat ons skoon vergeet om dié groot avontuur te geniet. Maak ouerskap weer pret met dié 20 voorstelle.
Deur my sussie gered • Ondanks ’n verdoemende diagnose het klein Aimee Barnard 34 weke lank in die baarmoeder teen die dood bly veg – en so gesorg dat haar tweelingsussie oorleef.
NUWE LEESPRET • Begin die jaar met die beste boeke op jou kind se boekrak.
35 WENKE vir ’n GESONDE BOEP • Hier is 35 wenke wat sal sorg dat jy en jou ontluikende fetus in die wagtyd supergesond bly.
Wat’s nuus?
KLASDRAF VOOR BABA KOM • Is voorgeboorteklasse in ons inligtingsera werklik nodig? Indien wel, hoe kies jy die regte kursus?
SKETE & PYNE Hier’s raad • Selfs die maklikste swangerskap gaan met pyne en skete gepaard, of dit nou naarheid of ’n seer rug is. Ons bekyk 14 van die grootste sondaars.
MY SKOUER PYN
Verstaan kraam • Ons voer jou stap vir stap deur die kraamproses sodat jy presies weet wat om te verwag en hoe om in elke stadium op te tree.
O wee, DIS DAG DRIE • Jy is skielik huilerig en voel uitgeput, angstig en bekommerd – sommer oor alles. Moenie bekommerd wees nie, byna almal haak op die derde dag ná hul bevalling uit.
10 flaters WAT NUWE OUERS BEGAAN • ’n Terugblik op die ouerskapspad laat menige ouer ril oor die blapse wat hulle begaan het, veral in die eerste maande. Keer so dat jy dit ook doen.
WAGTER KRY ’N MAAT • Net soos vir mense is dit vir troeteldiere ook ’n groot aanpassing wanneer die huis ’n nuwe baba kry. Sorg dat die aanpassing positief is, nie pynlik nie.
SILWER- SKOON! • Of jy dit nou met moderne katoeters doen of die outydse manier verkies – in baba se eerste jaar moet jy steriliseer.
SUPERKLEIN vegters • Hulle kom daar aan in ’n plastieksakkie en bly weke of maande...