Baba & Kleuter is die enigste Afrikaanse ouerskaptydskrif in die land. Ma's wat net die beste vir hul kinders wil hê maak staat op ons vir raad en inligting. Ons is passievol oor ouerskap en maak ma-wees makliker vir jou. Baba & Kleuter is`n ouerskaptydskrif wat alles dek van swangerskap tot en met graad een. Ons inspireer ons lesers met deeglike, inspirerende artikels om beter ouers te wees en hul kinders met selfvertroue groot te maak. Ons skep `n gemeenskap van oopkop Afrikaanse ouers wat almal glo in heilsame gesinne waar elke gesinslid hom- of haarself ten volle kan uitleef. Lees Baba & Kleuter, en jy sal klaar soos 'n beter ouer voel.
Baba & Kleuter
Voel jy die sonnetjie?
Eers gevries, en toe vroeg! • Cameron Hartwig van Weltevredenpark, Johannesburg (10 dae oud op die foto), het sy ouers vroeg verras. Ma Carri-Ann Hartwig vertel.
inboks
Deel & wen • WEN ’N GESKENKPAK VAN BRAMLEY TER WAARDE VAN R850!
Inspirerende Indië • Sané Lotter Leach vertel ons van die lieflike chaos van hul lewe in Kolkata.
AAN DIE BRAND! • Tiaan Terblanche van George in die Wes-Kaap het vier met vuur gevier! Sy kreatiewe ma, Chantelle, vertel meer.
MOOIE AFRIKA! • ’n Safari is elke kind se droom, maar jou klein avontuursoeker is nog te jonk om sy tassies te pak. Bring dus die wildernis na sy kamer toe en laat hom brul van opwinding.
GEPANTSER TEEN winterpestilensie • Nare kieme kan ’n gesin in die winter gou plattrek. Hier’s ons top-raad om julle gesond deur die winter te kry.
GESOND KAN GOEDKOOP WEES • Die prys van kruideniersware het die hoogte ingeskiet. Maar goedkoop beteken gelukkig nie onsmaaklik nie, en gesond beteken nie duur nie. Hier is ’n paar wenke vir gesond en lekker eet met ’n plat beursie.
Bredie teen die brrr • Haal ’n slag jou prutpot uit en begin vroegdag al van aandete werk maak. Vul jou huis met die geure van hartlike winterkos wat die hele gesin sal geniet.
BEWEEG met jou BOEP • Swangerskap en kraam is harde werk vir jou lyf en jy wil dus so fiks, sterk en soepel as moontlik wees.
Waarop floreer my fetus? • Jou baba se brein en gedragspatrone begin reeds in die baarmoeder ontwikkel. Vertroetel jou ongeborene só.
Wat’s nuus?
VERTEL MY OOR MY KEISER • Wat gaan tydens my keisersnee gebeur? Ek weet nie wat om te verwag nie. Wat gebeur wanneer ek teater toe gaan? Hoe lank sal dit duur tot my baba gebore word en hoe verloop die prosedure?
Klein dingetjies help jou kraam • Die kraamproses gaan groot eise aan jou stel. Ons vertel jou hoe om dit te bowe te kom.
Feite oor ENDOMETRIOSE • Loop jy soms gebukkend van pyn as jy menstrueer? Dit is nie normaal nie, en nie iets wat ’n vrou as haar lot moet aanvaar nie. Endometriose is moontlik die oorsaak ...
INKOPIES VIR BABA • Nuut op die mark – hierdie produkte kan elke ma se lewe makliker maak.
VOL VREEMDE VERRASSINGS • Jou nuwe baba lyk dalk nie heeltemal soos jy jou voorgestel het nie. Hier is antwoorde op kwelvrae oor pasgebore babas wat jou gerus sal stel.
Baba se eerste UITSTAPPIE • Voel die vooruitsig van jou eerste uitstappie met baba soos ’n ekspedisie na die berg Everest? Volg dié eenvoudige wenke om die uitstappie te oorleef én te geniet.
MAAK SIN VAN SINTUIE • Haar sintuie help jou pasgebore baba om die wêreld – en vir jou – te leer ken.
MY PAPPA, my alles • Vandag se geslag pa’s is gelukkig om bevry te wees van baie van die gebruike wat vorige generasies se pa-en-kind-verhouding dikwels as minder belangrik as ma se verhouding met hul kinders verklaar het.
WAT VAN DIE HOND?
Daai eerste POEFDOEK • Moenie skrik as jy jou baba se eerste poefdoek ruil nie – daardie taai spul is eintlik ’n teken dat jou pienkvoet gesond...