Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Jul - Sep 2024
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Dié maand is daar 60+ idees wat byna als onder 60 minute gemaak kan word, ons bak vakansiekoekies vir die koekieblik en braai 5 verskillende vleisgeregte vir die feestafel. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

KOSPRAATJIES

DIE SNY • Die middag van Meneer Buys se terugkeer was daar ’n klein skare voor die huis. Meneer Buys het uit die ambulans geklim en wou dadelik na die voorhek stap, maar twee mans in spierwit oorpakke het aangedring dat hy in die rolstoel bly tot by die voordeur. Meneer Buys het gedweë toegelaat dat hulle hom help. ’n Paar mense het begin hande klap en iewers aan die oorkant van die straat het ’n vrou begin sing.

ONS WÊRELD

BOEK-EN-WYNKLUB • Vier saam met ons SARIE se 75ste verjaardag met ’n keur van resepteboeke vir smullekker koeke en soetgoed en die ideale wyn om dit te komplementeer. Hiep, hiep, hoera!

ONS TOP-12 • Hier is alles en nog meer wat jy nodig het om saam met ons sewe dekades van SARIE te vier!

VIER AL DIE MOOI

Italiaans in Afrikaans! • In die beginjare is SARIE-voorblaaie in Italië gedruk, drukkers hier kon nog nie kleur druk nie. Met dié feesmaal bedank ons die Italianers wat destyds kleur na ons swart-en-wit wêreld gebring het

Die voorkoms • Ons vier fees en jy kan ook! Hier is lieflike, luukse items wat jy kan gebruik om ’n deftige tafel te dek

Fees van soet • ’n Partytjie sonder koek is net ’n vergadering, het sjef Julia Child gesê. Hier is 7 koeke vir SARIE se groot 75. Die inspirasie van Hollywood, Dior en Chanel, ’n ou skildery, selfs Upington se inry. Spogsoetgoed wat min moeite vra

Macaron-meester PIERRE HERMÉ • Patisserie soos kuns, hy’s die maestro van macarons. Of die ‘Picasso of Pastry’, soos Vogue sê. Sedert Pierre Hermé 26 jaar gelede sy eerste bakhuis in Parys begin het, is hy al twee keer tot ridder geslaan: in 2006 as Chevalier de la Légion d’Honneur en in 2019 as Commandeur des Arts et des Lettres. Die prestigeryke World’s 50 Best Restaurants-akademie het hom in 2016 as die wêreld se beste fyngebaksjef aangewys. Ek het onlangs die voorreg gehad om as gas van die Constance Belle Mare Plage-hotel op Mauritius oor ’n koppie koffie met hom te gesels

Malva poeding! • Al ooit gehoor van iemand wat nié van malvapoeding hou nie? Oor waar die naam vandaan kom, is ons onseker. Maar dat Maggie Pepler dit tot ’n ikoon in SA verhef het, is ’n feit. Selfs Amerika se Henry Kissinger het haar bedank vir dié stukkie soet

7 sewe dekades, ewige liefdes • Die afgelope 75 jaar het die koslandskap van Suid-Afrika net so verander soos sy mense, en ten goede. ’n Reënboog van kulture het elk hul unieke merk gemaak op ons manier van eet, tog is daar sewe ikoniese bestanddele wat altyd deel sal bly van ons kombuis

7 x lekker met hoender • Altyd ’n veilige staatmaker in ons kombuise. Hoender is maklik om gaar te maak en trek graag ’n nuwe geur aan. Van jou oond, stoof tot in die lugbraaier kan elke ete gou-gou op jou tafel wees

Flip(pen) lekker pannekoek • Daar is nou maar eenmaal iets aan pannekoek en winter. Die klank van beslag wat borrel-braai in die warm pan, die geur van kaneel en suurlemoensap en dan daardie eerste flop wat eintlik die eerste proe is . . .

E-pos wit RYDE, ISLE OF WIGHT • ’n Plek van tradisie, feeste, mooi strande en veldblomme. Ook ’n paar aardighede as dit by kos kom. Tog het Mariki van Heerden haar droom-aftreeplek op die Isle of Wight gevind

Skep nog een keer • Peter Veldsman was SARIE se eerste kosredakteur, aangestel in...

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 148 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Jul - Sep 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: July 5, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans