Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Jan - Mar 2025
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

SARIE KOS

ONS WÊRELD

’n Mondvol woorde, ’n mondvol lekker • Kom sit aan vir die beste begin van 2025 waar ons ons liefde vir kos en ons taal vier! Want niks sê iets so mooi soos Afrikaans nie

Son 'n mond moet jêm kry ! • Ons kommunikeer mos met woorde. Ons taal en skryfkuns begin alles met letters. Maar is daar dan ’n groter taal van liefde as die een van kos? Dek ’n langtafel waar woorde sterk praat – van die dekor tot die spyskaart

Die voorkoms • Hier is alles wat jy nodig het – van blou kerse tot die regte ABC-koekiedrukkers – om ’n stylvolle tafel te skep wat helder praat

Hulle sit langs een vuur • Die een is ’n biker met nege restaurante wat modern kook vir Suid-Afrikaners. Die ander duik graag in die see en trakteer Franse hoëlui op kos wat hy oor die kole maak. Sáám is Bertus Basson en Kobus Botha ’n gedugte span. Ons het gaan kuier by die beoordelaars van kykNET se Kokkedoor Vuur & Vlam en ontmoet die nuwe seisoen se deelnemers

Wat is ’n kinkelbraaier? • Die kinkelbraaiers se uitdaging is om hul sjefskwalifikasies, professionele kombuis-ervaring en uitstekende tegniese vaardighede vir vernuwing in te span. Hulle word gekies op grond van hul kwalifikasies en hul ondervinding in ’n erkende restaurant of professionele kombuis (nie ’n braairestaurant of koffiekroeg nie). Slegs ’n huishoudkundegraad aan ’n universiteit tel nie as voldoende kwalifikasie vir dié kategorie nie.

Wat is ’n onthoubraaier? • Hulle is die fakkeldraers vir kos soos ons dit ken en al het hulle nie formele sjefsopleiding en professionele ondervinding nie, klop hul harte warm vir tradisioneel kook. Vir inspirasie span hulle herinneringe aan en beproefde metodes uit hul ma’s en oumas se huiskombuis in. Onthoubraaiers word gekies vir hul vernuf as huiskok en hul kennis en passie vir onthoukos.

So mak soos ’n lam • Blad of boud, aan die been of gerol, Karoo of Vrystaat, lam is weelde van die veld. En net wat ons Sondae en Paastyd op ons tafel wil hê. Kom sit aan en proe die unieke geure

Die APPEL val nie ver van die boom • Vir almal het dit iewers begin. ’n Sondagtafel, ’n ouma se suurdeegbrood, ’n mentor. Ons gesels met ses baanbrekers wat elk ’n unieke stempel op ons kosen wynbedryf afdruk. En huldig die mense wat die vonk vir hul sukses was

KOOKKLAS: In ’n neutedop • Neute is die klein wonderwerke van die kombuis. Buite ’n harde dop om te kraak, maar binne skuil ’n skatkis van tekstuur en geur

Koue pasta skrik nie vir koue pampoen • Somer vra vir koel geregte en maklike kos. Maak jou middel van die week bekostigbaar en moeitevry met koue pastageregte. Vars nes die seisoen daarvan hou. Vir ’n appel en ’n ei!

E-pos uit MADRID, SPANJE • Toe sy ’n jaar gelede in Madrid aankom om daar te studeer, was Imke Scheepers met die intrapslag verlief op Spanje, sy mense en hul lewenslus. Om nie te praat van die geurige kos op hul tafel nie

ONS SIT DIT OP YS! • Wat is nou beter as daardie soet bederf ná die ete? Somar vra vir roomys, 'n groot gunsteling die wêreld oor. Hier is resepte vir koel nageregte uit die vrieskas. Min moeite en baie smaak !

In tamatiestraat • Dis die vrug (ja!) wat wêreldwyd die meeste verbou word. Tamaties is veelsydig en gesond. En boonop ’n vrolike rooi wat enige tafel feestelik laat lyk

Waar Dawid die wortels begrawe het • Ons...

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 148 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Jan - Mar 2025

OverDrive Magazine

  • Release date: January 10, 2025

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans