Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE KOS

Oct - Dec 2024
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

SARIE KOS

ONS WÊRELD

TEKSTUUR OP TEKSTUUR

Feesbuffet • ’n Tafel wat kreun onder lekkertes. Elke gas skep sy eie bord en julle kuier lank en feestelik saam . . . Die buffet is die geboorteplek van onthaal en nou weer hoogmode. Nuut en modern aanmekaargesit reken ons dis perfek vir die Kerstyd wat voorlê

Die voorkoms • Hier is alles wat jy nodig het om ’n romantiese buffettafel te dek

HEUNING O soetste wonder • Daar woon ongeveer 350 miljoen heuningbykolonies op die wêreld se vastelande (behalwe Antarktika), die meeste daarvan in die natuur. Dit is gelykstaande aan een kolonie vir elke 23 mense. Teen sowat 10 000 bye per kolonie is daar 3,5 triljoen individuele heuningbye op die planeet – dis 440 bye per persoon. Behoort die wêreld eintlik aan die bye, en ons kuier net hier?

Opsitkers! • Eetbare botterkerse is al ’n ruk lank groot op fynproewerspyskaarte. Tot bekende SA sjefs soos Bertus Basson en JAN bedien dié kerse in hul restaurante. Kom sit aan vir jou eie bederf. Soos die kers smelt, doop jy jou tuisgebakte brood in die botter en geniet die lekker

SMAAK VAN SKOONHEID • Jared Melamed, kroonprins van ons land se pâtisserie-landskap, is ’n nuwe stem met ’n hand vir fyngebak soos min. Sy pad tot waar hy vandag staan was nie een wat natuurlik gekom het nie, tog was daardie magic altyd iewers in sy lyf

Meringue op haar mooiste • By die ICA-sjefskool op Stellenbosch word gewoeker met drome en talente om ’n loopbaan in kos te bou. By dié wêreldklas-fasiliteit is niks minder as die beste goed genoeg nie. Kom leer die fondasie-tegnieke van meringue en tower nog resepte op saam met drie studente

ETES VIR 4 onder R200 • Goeie kos hoef nie baie geld te kos nie. Met ’n handvol bestanddele en slim metodes kan jy geurige kos voorsit wat harte vul en die beursie so bietjie rek

VICTORIA, KANADA • In die land van yshokkie, rappie pie en timbits maar bowenal ‘die vriendelike Kanadees’ het die oud-Gautenger Shani Bosman haar gou tuisgemaak - en ná 25 jaar bly dit vir haar 'n voorreg om daar te woon

Caesarslaai ’neeu oud, 6x lekker • Die caesar is een van die mees ikoniese slaaie op die spyskaart. Bekendgestel in 1924 in Mexiko vier hierdie slaai vanjaar sy 100ste jaar. Met net ’n handvol bestanddele gee dit steeds hope smaak-inspirasie

KOOL & KIE • As jy op soek is na ’n elikser vir gesondheid, ryk aan vitamiene en minerale asook ’n sterk medestryder teen kanker, stapel jou bord vol kruisblommige groente. En met ’n bietjie verbeelding is dit ver van vaal en vervelig

Mélk die lekkerte • Voedsaam en so aanpasbaar – dit is melk, die bousteen van die kombuis. Verhit of verkoel jy dit, verander die tekstuur en gee jou soveel nuwe moontlikhede om heerlikhede op te tower

BRANDEWYN Sonskyn in ’n glas • Brandewyn . . . goedkoop, net vir die manne en verkieslik saam met Coke? Sê wie?

KOOKKLAS: Braai jou slaai! • Die braaivleisvuur is deel van ons DNS, dis wie ons is. Maak jou lentebraai vanjaar nog mooier met bykosse alles van die vuur af

LEKKER OU JAN • As daar iemand is wat weet van braai, dan is dit Jan Braai. Hy het al oor en oor bewys jy kan byna alles oor die kole gaarmaak. Nou is hy terug met ’n splinternuwe kookboek, Jan Braai Atmosvuur* . Die bielie van ’n boek met meer as 400 bladsye bederf jou met alles van ontbyt en bykosse regdeur tot wild en braai direk op die kole. Kom sit aan!

SARIE KOS

TAFELSTORIES

Expand title description text
Frequency: Quarterly Pages: 148 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Oct - Dec 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: October 4, 2024

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans