SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.
Michélle sê ... • Die wêreld staan op sy kop. Finis en klaar.
ons inspirasie
Julle sê... • SÊ DIT, SKRYF DIT, TWIET DIT, DEEL DIT IN SARIE & OP FACEBOOK, TWITTER & INSTAGRAM
Nataniël sê ... • Ek staan met ’n arm vol gloeilampe by die toonbank van ’n hardewarewinkel.
‘DIT WAS alles OF NIKS’ NATASHA • Die titel was ’n kleintyddroom, maar so byna het sy opgegee ná haar eerste probeer haar soos ’n ‘totale mislukking’ laat voel het. Natasha Joubert, Mej. SA 2023, vertel hoe sy weer opgestaan het . . . vir haar groot wen
INSPIRASIE
LIZA • Avontuur trek haar, want met spyt kan sy nie saamleef nie. In 2017 was sy in ons Top-10. Maar vanjaar is háár jaar. Sy trou met die liefde van haar lewe en nou is sy ons 13de Voorbladgesig . . . ’n wen-wen!
ONS FINALiSTE
ALYNAH • Sy’s ’n oopkop-dromer, sê sy self. Vir dié gr. 11-leerder van Paarl Gimnasium gaan die lewe oor leer en voluit lééf, oor dans en Afrikaans. Aitsa! is juis haar gunstelingwoord
AGTER DIE SKERMS
SKAKEL IN OP Planeet RIAN • TV-aanbieder en -vervaardiger Rian van Heerden bekyk die mensdom van die kantlyn af. Só asof dit ’n ‘vreemde eksperiment’ is. Maar altyd met humor . . . en deernis
SARIE se TOP 5 • Dinge, doeners en gedagtes maak ons wêreld ’n interessante plek. Hier’s vyf op ons lys van uitskieters
HIER KAN JY NIE VIR MEER VRA
BARBIE betowering • Barbie, die 64 jaar oue speelgoedpop, pryk oral – pienk en trots. Binne twee weke ná die rolprent Barbie in Julie vanjaar uitgereik is, het dit al meer as ’n miljard dollar verdien. Almal bly bekoor deur haar, maar wie is die vier vroue wat die septer swaai in die Barbie-‘ryk’?
Stilte = STIL WEELDE STILLE ONTTREKKING STIL TYE • ’n Klein woordjie maar swaar gelaai. Een wat nou gebruik word om drie trends te beskryf: ’n Leefstyl, optrede by die werk, en die manier waarop ons met die wêreld omgaan. Oftewel, stil weelde (quiet luxury), stille onttrekking (quiet quitting) en stil tye (quiet times)
GEE ONS ’N HELDER SOMERKERSFEES • Tasse word gepak, karre gelaai, tente opgeslaan, vakansiehuise ingevaar en families herenig ná ’n lang jaar. Ja, dis somervakansie in Suid-Afrika. Ons hoor, ons ruik, ons sien . . . heimwee en onthou. Liani Jansen van Rensburg het met vyf bekende ekspats gesels oor feestyd in die buiteland, en by Dave Pepler gaan aanklop oor hoekom ’n Desember in Suid-Afrika so uniek is
KERSFEES OP ’N Griekse eiland • Presies 388 dae – dis hoe lank ons Kersdag op die derde grootste eiland in Griekeland woon sedert ons op 2 Desember verlede jaar met sewe tasse voet aan wal op Lesbos in die Egeïese See gesit het
GESIG VAN DIE MAAND TYLA
O die vrolike O die salige • Goud, silwer en vurige rooi. ’n Fees wat borrel soos vonkelwyn, proe soos soet waatlemoen en ruik soos rose en vanielje. Dis prentjiemooi met ’n see van kerse en ’n boom modern en stylvol. En daarmee saam áltyd die groot onthou. Natuurlik ja, is dit Kersfees! Kom vier dit saam met ons
SO LYK JOU TAFEL
OP DIE SPYSKAART
DIT TREK JY AAN
FEESGEURE
VIR DIE MOOI • Tooi jou huis en tafel oor die feestyd met vrolike kleure, baldadige ontwerp en spatsels blink. Of hoekom nie jou Kersgeskenke hier uitsoek nie?
EK HOOP VIR ’N RUSTIGHEID IN HARTE
VIR ’N...