SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.
Brief: Kreatiewe redakteurs
WOLVERLIEF • Daar is geen einde aan plaaslike talent, vindingrykheid en vernuf nie. Ons land wemel van mense wat hul eie ding doen met hekel, brei, weef, spin en viltwerk en sodoende ook werk skep vir ander. En almal omarm trends wat by onlangse internasionale modevertonings gewaar is. Dis die jaar van veral kabels, bokhaar, gebreide rompe en interessante halslyne
1 KORT TRUI EN MINI-ROMP • Modebewuste vroue sal mal wees oor die trui met sy vlermuismoue en bypassende romp
2 LOSPASSENDE TRUI MET GESPLETE KRAAG • Breë riffelstroke met mouboordjies wat omgevou is, ’n oorgroot kraag en gemaklike boksstyl gee die trui ’n moderne voorkoms
3 KORT GEHEKELDE BAADJIE • Hekel hierdie besonderse baadjie-trui deur die diagramme noukeurig te volg, dan is die patroon minder ingewikkeld as wat dit lyk
4 TWEEKLEUR-KATOENTRUI MET V-HALS • Die trui word met twee kleure katoendraad gebrei en die V-hals voor het ’n treffende breë randstrook
5 SAGTE NAATLOSE TRUI • Die trui word met sirkelpenne van bo na onder aaneen gebrei en is dus naatloos. Omdat die breidraad uit verskillende kleure bestaan, vorm dit vanself strepe soos jou werk vorder
6 GEMAKLIKE LANG TRUI • Vir draad in subtiele kleure soos dié is ’n eenvoudige patroon in koussteek gebrei ideaal. Die trui is sonder knope en het twee groot sakke en een kleintjie
7 SYSAGTE ROLNEKTRUI • Die kombinasie van wol en sydraad waarmee die trui gebrei word, maak dit ekstra warm. Dit word met sirkelpenne vanaf die hals na onder gebrei
8 GEHEKELDE TRUI • Pofmoue met breë, noupassende boordjies is nou hoogmode. Suiwer woldraad maak dit lekker warm
9 MOULOSE TOP MET DIEP V-HALS • ’n Variasie in steke gee die gehekelde top ekstra tekstuur en sal ’n gewone uitrusting omskep in iets interessants
10 BONKIGE SWART-EN-WIT TRUI • Die rolhalstrui is lekker warm en sy treffende tandruitpatroon word volgens die intarsia-tegniek ingebrei
11 ORANJE TRUI MET NAASWIT RUITE • Breë strepe word ingebrei terwyl die smaller vertikale strepe met kettingsteek bo-op geborduur word. ’n Hoë kraag word met een knoop vasgemaak
12 OORTRUI MET RAGLANMOU-DETAIL • Die trui word met ’n luukse breidraad en sirkelpenne van die hals na onder aaneen gebrei – dis net die onderarmnate wat toegewerk moet word
13 GESTREEPTE BOKHAARTRUI • Hierdie is die maklikste patroon ooit en jy kan die mooi trui met sy los kraag in ’n japtrap brei
14 BAADJIE-TRUI VIR HOM • Die breë voorrandstroke is sonder knope en die trui kan soos ’n informele baadjie gedra word. As jy eers die patroonsteek onder die knie het, is dit maklik om te brei
15 MANSKNOOPTRUI MET SAKKE • Riffelsteekdetail op die moue en spleetsakke maak die trui besonders en dit kan informeel of semiformeel gedra word
16 ROLHALSTRUI MET KABELS • Brei vooraf ’n toetslappie van die kabel sodat jy dit verstaan voordat jy die trui aanpak
17 ’N TRUI VIR VIER SEISOENE • Oneweredige getekstureerde lyne word vanaf ’n diagram ingebrei, maar jy kan ook die trui daarsonder brei. Die sagte breidraad maak dit geskik om heeljaar te dra
18 KNOOPTRUI VIR ELKE DAG • Hier is ’n klassieke trui wat jaar na jaar vir die hele gesin gebrei kan word. Die patroon is beskikbaar in 9...