SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.
EERSTE SÊ
NATANIËL SÊ
ons wêreld
JULLE SÊ • SÊ DIT, SKRYF DIT, TWIET DIT, DEEL DIT
NATANIËL & ANNA-MART ... WANT SARIE VERJAAR! • Nataniël. Anna-Mart. Hul name sê dit alles. Nou vir die eerste keer saam op ’n voorblad en saam voor die kamera. Gestileer in Nataniël se verhoogbeste. Hoe dan anders! Want SARIE is 75, en dis ’n viering van ewige styl en inspirasie
’N LEWE VOL MOED Suzette • Nadat sy in 1990 as Mej. SA gekroon is, die jaar waarin Nelson Mandela vrygelaat is, het die geliefde Suzette van der Merwe se hoogte- en laagtepunte in die kollig uitgespeel. Vandag weet sy: Die lewe is nie altyd so eenvoudig nie, en dis oukei so
THULI ’N SAGTE, STERK VROU • Ontmoet prof. Thuli Madonsela, gerespekteerde voormalige openbare beskermer en nou verbonde aan die Universiteit Stellenbosch. Die mense in haar binnekring en ander vertel meer oor dié sagte vrou met die sterk morele kompas
David Viviers Die wêreld is sy kosmos • Hy is ’n kind van die Karoo, daar waar die kosmos eindeloos om jou strek. Ook skrywer en akteur, gemaklik voor die TV-kameras en in die teater. David Viviers, tot onlangs Binnelanders se dr. Liam Vorster, is gedrewe en diep
O ja! VIR ONS FINALISTE
Die GLORIE en trane • Die fakkel en vyf ringe, euforie en teleurstelling. Alle oë is gerig op Parys, Frankryk, waar die Olimpiese Spele, die wêreld se grootste sportextravaganza, nou plaasvind. Anders as in antieke Griekeland, kompeteer die atlete met hul klere aan. Maar senuwees van staal is steeds ’n vereiste
HANDELSMERKE WAT HÓÚ • Handelsmerke wat oorleef maak die wêreld beter. SARIE is vanjaar 75 jaar oud. Die tydskrif bly outentiek en relevant – nes baie ander brands met wie ons die lang pad stap
AL OOIT VAN HULLE GEHOOR? ’n Vrou maak ’n PLAN • Wie moet ons bedank vir die skottelgoedwasser, ruitveërs, ’n sambreel klein genoeg vir ’n handsak, selfs die maanlanding en elke dag se wi-fi? Als dinge met vroue daaragter, dikwels sonder die erkenning
KYK, SAL ONS KYK! • Suid-Afrikaners raak dalk meegesleur deur werklikheidstelevisie soos maatsoek-programme, verslankingskompetisies en huisvroudramas, maar saans skuif hulle steeds voor hul gunsteling-sepie in . . .
MODES TOE DIE MODE NOU • Dior se New Look van 1947, die vooroorlogse trenchjas, Hollywood se wyepypbroek, Chanel en haar tweedbaadjie, die kitten heel van die 1950’s, Grease se knooptrui en fluweel op die rooi tapyt. Dekades se trends wat vanjaar se voorkomste inspireer. Treffend in die nuwe alles-swart
modedinge
Emma Stone
ROOI vir altyd • Meer as net mooi. Dis vroulik, terselfdertyd uitdagend. Dit sê hoe jy oor jouself en jou wêreld voel, wys dat jy vreesloos jou ruimte vul. Rooi lipstiffie is iets diep persoonlik, en ook so wonderlik en stylvol tydloos
LANGER Jonger • Die nuutste nuus, produkte en wenke om onnodige tekens van tyd te takel
mooidinge • SKOONHEIDSREDAKTEUR MONICA VAN DER WALT monica.vanderwalt@sarie.com of @monxsterr op Instagram
bederfprodukte Luuks
3 GENERASIES se lekker • Praat jy van kos by SARIE, duik die name van voorgangers soos Peter Veldsman en Barbara Joubert gereeld op. Hierdie kosredakteurs het talle ikoniese...