Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

Sarie Trou 2024
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Van die redaksie

Willie Holly • Dit wás ’n moment! Op ’n somersdag onlangs op ’n wynplaas buite Franschhoek is Suid-Afrika se staatmaker-heelagter Willie le Roux met sy sprankelende Holly Nichol getroud. Vriende en geliefdes het van oor die wêreld heen saamgekom om onder koel eikebome en skemer-lanterns fees te vier. Dit was elegant, emosioneel, enig in sy soort. ’n Moment om vir ewig te onthou . . .

Nuut & nou • Jul troudag is ’n tyd om te sê: “Dís wie ons is!” ’n Dag vol mooi en feestelikheid. Hiér deel ons 10 van die nuutste troutrends vir 2024 – van helder kleurpalette, spoggerige sjampanje-torings en middernaghappies tot flambojante knoopsgatruikers vir hom en sagte Barbie-grimering en tweestuk-ontwerpe vir jou

Survivor-wenner 2021 NICOLE & RYNO EKSTEEN Namakwalandse swier

MARGARIET & JOHAN SLABBERT Onthaal op Duin 7

MARCELLE & JAYSON ZULCH Pienk prag

SARIE Voorbladgesig 2013 MARIKE & ANDREW MURRAY Herfsdroom

LIESCHEN & SEAN MATHEW Wit en ouwêrelds

Bekroonde aktrise LEA VIVIER & ANDRÉ WILKENS Soos ’n woudsprokie

Bekende akteurspaar ARMAND AUCAMP & SEAN VAN NOORDWYK Onder ’n ou eikeboom

SARIE Voorbladgesig 2023 LIZA & STEVE MOONEY Langs die water

CLARISSE & JEAN CHRISTIAN BERGSMA Makietie in styl

Pret-blogger LISA & RUDOLPH VAN NIEKERK Doer in die Bosveld

Musiek-duo ESTÉ & LOURENS RABÉ Ná 10 jaar weer ’n ja

Vra die kenners • Dis jou groot dag en dis opwindend. Maar troureëlings kan oorweldigend wees. Waar begin jy? Hoe besluit jy op blomme en hoe lank voor die tyd moet jy ’n fotograaf bespreek? SARIE gesels met van die land se voorste fotograwe, bloemiste en troubeplanners oor hul gunstelingoomblikke en beste wenke. Hier’s alles wat jy moet weet

TROUFOTOGRAWE

BLOEMISTE

TROUBEPLANNERS

Droom rokke • ’n Spesiale dag verdien ’n spesiale rok. SARIE-moderedakteur Amaria Carstens het meer as 40 trourokke gekies om jou te inspireer. Van ryk satyn tot veerligte chiffon en eksotiese kant. Dun bandjies, style wat van die skouers af drapeer, lang moue wat aandag trek. Ook tekstuur soos 3D-blomme, vere en plooi-detail. En ontwerpe vir bruide wat hul rok agterna weer wil dra. Die belangrikste is, dis jóú dag, kies reg vir jou

Prentjie mooi op jou groot dag • Jy het jou droomtrourok! Kies nou ’n skoonheidsvoorkoms wat by jou rokstyl en veral jou persoonlikheid pas. Vir die mooiste hare en grimering is daar hope inspirasie en idees te leen op die internasionale loopplanke en by bekendes en ander se troues hier en oorsee. Vanjaar se gewildste trends bied iets vir elke bruid, sê SARIE se skoonheidspan Monica van der Walt en Suanné Mulder. Van glanslippe en rokerige oë tot elegante bollas en prettige poniesterte

Jou spesiale geur-herinnering • Kies gerus vir jou troue ’n splinternuwe parfuum om te dra. Die geur sal jou vir jare aan jul mooiste dag herinner. Dié bottels lyk boonop mooi op foto’s

Beste behandelings voor jou troue • Almal strewe na ’n gesonde, stralende gelaat op hul troudag. Belê in ’n goeie daaglikse velsorgroetine en probeer dié skoonheidsbehandelings om jou vel vlekkeloos te laat lyk

’n Pak op sy tyd • Mans staan stylvol voor die kansel. Van die nuutste trends is ’n elegante aanslag op die klassieke tuxedo tot ’n gekleurde baadjie en broek

Mans...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 165 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Sarie Trou 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: March 22, 2024

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans