Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

Nov/Dec 2024
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

EERSTE SÊ

NATANIËL SÊ

ons wêreld

JULLE SÊ • SÊ DIT, SKRYF DIT, TWIET DIT, DEEL DIT

Voorblad - okkasie! • Bekend en geliefd. Op ons skerms, in ons tydskrifte. Hulle vermaak ons, lig ons in, laat ons lag én ’n traan stort. kykNET en SARIE het 16 sterre vir dié uitgawe se 4 unieke voorblaaie gekies. Hulle getooi in tuxedo’s en ’n bietjie bling. Want kykNET vier immers vanjaar 25 blink jare, en SARIE 75. Saam honderd jaar se inspirasie, in Afrikaans!

Jak de Priester IN VOL KLEUR • Die sanger en televisie-aanbieder Jak de Priester se persoonlikheid is so kleurryk en kreatief soos sy uitrustings. Hy toor met woorde, woeker met sy kuns en het altyd ’n nuwe plan of twee wat prut

Die kreatiewe kronkelpad van Carmen Maarman • Sy is ’n late bloomer en trots daarop. Van klippe kou, opstaan en weer probeer kan jy dié Skemergrond-aktrise niks vertel nie. Maar opgee? Aikôna! ’n Nee het haar nog nooit gekeer nie, want sy het net geweet elke droom gebeur op sy tyd . . .

Applous TREKKERS 2024 • Dit was ’n besige jaar, ’n moeilike jaar. Maar daar was ook oomblikke wat soos ’n fris briesie op ’n warm dag ons opnuut woema gegee het. Hoewel nie noodwendig aardskuddend nie, het dit ons weer herinner aan die dinge wat die lewe die moeite werd maak. Hier is 10 apploustrekkers wat ons deurtrek na die nuwe jaar – en ’n nuwe begin

Nie die einde van die wêreld! • Emigrasie is ’n werklikheid – al vir eeue lank – maar dit maak dit steeds nie maklik nie. Nie vir dié wat gaan of dié wat agterbly nie. Hoe maak jy dit vir jouself draaglik en vir jou kinders makliker om in die vreemde hul voete te vind?

KLEUR- betowering • Skielik was dit lemmetjiegroen, verlede jaar was dit Barbie-pienk. Ná Covid was wit, skoon en onaangeraak, ’n rukkie die gunsteling. En dan is swart natuurlik altyd in die kol. Kleur mesmeraais ons sonder ophou. Dié 10 oomblikke bevestig dit opnuut

KRISMIS blues • “Oral om, om my heen is dit blou . . .” sing Laurika Rauch. En blou is ons Kersfees vanjaar. Delft-blou en koringblomblou. Helderblou soos ’n somerdag op die Hoëveld, mistigblou, broosblou soos vroegoggend by die see. Want is dit nie juis die mensdom se gunstelingkleur nie. Die skakering van vrede en kalmte. Sit daarby ’n bietjie blink, ’n tikkie rooi, ’n tradisionele Kersham en ’n regte, egte trifle en dis ’n fees! Nooi jou geliefdes, bring jou vriende. Want dis Kersfees . . .

BLOU blink • Moenie nog wonder nie! Dis strikke en strepe, linne, tweed en romantiese broderie anglaise. En natuurlik is dit blou, met feestelike blink daarby

’n Afshow FEES • Die son breek deur die wolke en dis Kersfees. Vind nuwe inspirasie in ons mooiste blou feestafel met Nederlandse Delft as tema. Of jy nou Kerstyd by die see of in die binneland vier, hier is genoeg planne vir jou mooiste dag van die jaar

Drie maal MOOI • Die laaste weke van die jaar is daar vir samesyn en feestelikheid. Hier is drie in-die-kol-grimeervoorkomste – vir ontbyt, ’n skemerkelkie en ’n elegante aand uit

LANGER jonger • Die nuutste nuus, produkte en wenke om onnodige tekens van tyd te takel

geskenke vir die mooi • Bederf iemand spesiaals of sommer net jouself met ’n modeof skoonheidsgeskenk. Vir dié produkte sê ons ja!

geskenke vir die mooi • Maak die feesseisoen mooi met ’n...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 165 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Nov/Dec 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: November 1, 2024

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans