Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

Sarie Okkasie - Blom vir 75 Jaar
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Sarie

1 Yskaskaaskoek • Hierdie kaaskoek het as ’n eksperiment begin en sowaar gewerk. Ek sit ’n bessievulsel tussen die kaaskoeklae voor hy stol. Mooi en lekker.

2 Kondensmelktert • Ja, ek weet die kossnobs lig nou die wenkbroue, maar ons gee mos nie om nie. Die tert is meer as sy naam: Dis nostalgies en maak met die proe iets warms in jou hart wakker.

3 Hartenbos se trifle • Ek is nie gek na koekstruif nie – behalwe as dit my ma s’n is! Sy het karamelkondensmelk daarin gesit, en wie kan nou nee sê daarvoor? Hierdie een kom van ons Hartenbos-vakansies af, presies soos ek hom geken het.

4 Kaasbord-kaaskoek • Het jy al ooit daaraan gedink om ’n sout weergawe van kaaskoek te maak vir ’n kaasbord? Probeer dié een, hy is baie ryk, maar die perfekte einde vir ’n feesmaal.

5 Suurlemoen-tiramisu • Tradisioneel word hierdie nagereg met koffie gemaak, maar vir ons warm dae hier in SA gee ek dit graag ’n suurlemoengeur met Italiaanse limoncello.

6 Gebakte kaaskoek • Dié kaaskoek is luuks, hy is romerig en hy gaan jou gaste laat vra vir nog! Die geheim is om jou tyd te neem met die bakproses. Stadig, by lae temperatuur.

7 Suurlemoen-meringuetert • Druk self jou suurlemoensap uit en maak jou eie smeer – jy kan die verskil proe.

8 Tradisionele melkkos • Dis ’n eenvoudige resep, maar die kos met die minste bestanddele is mos altyd die lekkerste. Hier sit ons dit voor met gemmerkoekies vir ekstra tekstuur en ’n ander smaak, maar jy kan enige tipe koekie gebruik.

9 Tradisionele appelstrudel • Die geheim van die resep is om jou deeg minstens 24 uur te laat rus voor jy dit rek. Vra jou vriende om te help met die rekkery – dan’s dit groot pret.

10 Karamelsous • Sagte plaatkoekies met vars bessies, jogurt en karamelsous bly ’n groot bederf vir ontbyt. Jy kan die sous ook saam met roomys of jou gunstelingnagereg soos malvapoeding geniet.

11 Hollandaise met posjeereier • Om regte hollandaisesous te maak is eenvoudiger as wat jy dink. Moenie bang wees nie, dis eintlik maklik as jy die stappe volg.

12 Tuisgemaakte tartaresous • Die basis van hierdie sous is tuisgemaakte mayonnaise. Jy kan dit saam met omtrent alles voorsit, maar dis veral lekker met viskoekies of gebakte vis. Jy kan dit tot 2 weke in die yskas hou.

13 Patatkoekies met eiers en pesto-mayonnaise • Geurig en heerlik.

14 Granola met min suiker • Min dinge is so lekker in die oggend soos tuisgemaakte granola met jogurt.

15 Salm-spinasie-en-eierpastei • Maak hierdie pasteie vir ’n spesiale laatontbyt. Ek gebruik een vel fillo per pastei – lig en bros.

16 Groen omelet • Sorg dat jou kinders al met ontbyt groente inkry sonder dat hulle dit eens weet, want dis weggesteek onder ’n eierkombers.

17 Suurdeegbrood met ’n plantjie • Dis ’n tydsame proses, maar die vars brood met die suurderige smaak maak dit deur en deur die moeite werd. As jy eers jou suurdeegplantjie het, gaan jy baie bly wees! En jy kan dit oor en oor gebruik.

18 Ciabatta • Vanjaar is ek 15 jaar by SARIE en dié resep was een van my eerstes wat gepubliseer is. Steeds kry ek gereeld navrae daaroor. As jy hom al gebak het, geniet hom weer. As jy nog nie het nie, dis alles wat brood moet wees!

19 Saad brood • Hierdie resep kom uit my studentejare toe ek in...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 148 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Sarie Okkasie - Blom vir 75 Jaar

OverDrive Magazine

  • Release date: November 22, 2024

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans