Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

Sarie Woon/Décor 2024
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Van die redakteur

TRENDS 2024/25 NUUT & NOU • Hierdie is die trends wat tans die dekorwêreld oorheers en inspireer! Kleurspektrums word warmer en meer gedemp, ons raak nostalgies oor ons oumas se goed en oorgroot ligte maak ’n stylstelling. Sagte, strelende materiale hou ons gelukkig en volhoubare kurk word een van die gesogste materiale vir meubels. Antieke handwerktegnieke soos marmering en pottebakkery is gewild en bring individualiteit na leefruimtes

Kaapstad ENIG IN SY SOORT • Die stad het in die wêreld nie sy gelyke nie! Nie New York, Londen, Parys of Rome nie. Ons Moederstad is uniek, geseën met natuurwonders, en met ’n argitektoniese rykdom wat oor eeue heen geskep is. In die skadu van ou Tafelberg, in ’n enkele straat, staan Kaap-Hollands en Art Deco gemaklik langs mekaar, vul Victoriaans en Edwardiaans mekaar aan en verrys nuwe strukture in volmaakte harmonie met die omgewing. ’n Stad eklekties, kleurryk, inspirerend. Ons noem dit huis, duisende ander sê dis een van die mooistes op aarde. Dit steel eenvoudig jou hart

Vars erfenis • ’n Ou Edwardiaanse erfenishuis in die stadskom het ’n gedaanteverwisseling ondergaan onder die sorgsame hand van die nuwe eienaar. Die interieur is ’n heerlike verrassing vol kleur en besonderse vondste

Die voorkoms • Met stoffeermateriale soos fluweel, asook ’n kroonkandelaar en ’n bed in die Franse styl, kan jy maklik ’n atmosfeer van ouwêreldse glans skep. Sien die huis, bl. 32

Ons Victoriaanse villa • Die pragtige ou Victoriaanse huis in die Tuine in Kaapstad se outentieke fasade verklap nie die stylvolle swart-en-wit interieur nie. Met ’n groot liefde en respek vir historiese huise is hier sensitiewe restourasiewerk aangebring

Die voorkoms • Die kombinasie van swart en wit is altyd 'n wenner, veral as jy van 'n gesofistikeerde voorkoms hou. Versag dit in slaapkamers met dowwe pastelle soos groen en pienk vir 'n romantiese atmosfeer. Sien die huis, bl. 44

’n Versamelaar se plaashuis • In die spogwoonbuurt Constantia lê die groot 1950’s-plaashuis met sy tipies Suid-Afrikaanse grasdak. ’n Plek gevul met kuns, kosbare meubels en matte van ver plekke, maar bo alles warmte

Die voorkoms • Selfs ’n rusbank-reisiger kan ’n huis vol eksotiese skatte hê. Kies meubels met ’n Europese flair en rond dit af met mooi matte, kleurvolle kussings en tafeldekor. Sien die huis, bl. 56

Werk en speel • Hierdie kompakte woonstelblok in die middestad van Kaapstad bied die perfekte blyplek vir ’n besige stedeling. Met slim ontwerp en stylvolle interieur is dit allesbehalwe ’n karakterlose lock-up-and-go-woonstel

Die voorkoms • Kies slim vir 'n klein woonplek - dink aan meerdoelige items, soos 'n beker wat ook 'n blompot kan wees. En sorg vir tikkies kleur. Sien die woonstel, bl. 68

Hout en klip • Die moderne woning in die boomryke Higgovale, ’n buurt in die stadskom, lyk asof dit uit die berg groei. Die erf is op die ou Bellevue Quarry waar die reuse-granietblokke gemyn is vir die bou van sir Herbert Baker se bekende Rhodes-gedenkteken in 1912

Die voorkoms • Gee ’n moderne, gesofistikeerde ruimte sonder fieterjasies ’n warm atmosfeer met kurwes, los kussings en sagte beligting soos staan- en muurlampe. Sien die huis, bl. 76

Berg en see • Bantrybaai teen die hange van Leeukop tussen Seepunt en Kampsbaai is ’n plek sinoniem met...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 204 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Sarie Woon/Décor 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: August 8, 2024

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans