Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

SARIE Kersfees Kreatief
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

KERSFEES IS VIR MY…

’n GROOT KLEIN KERSFEES • Hy hou van ’n blink ding, soos ’n Michelin-ster of die klatergoud waarmee hy as kind die Kersboom versier het. Maar die blink waarmee Jan Hendrik van der Westhuizen hom dié Kersfees omring, is in ’n ander klas. Want niks mensgemaak kom naby die majesteit van die Kalahari se regte, egte sterre nie, skryf Bianca du Plessis

Kersspyskaart • Jan kook spesiaal vir SARIE-lesers

VIR DIE MOOI

’N HEERLIKE KERSFEES MET SPEKKO LÊ VOOR • BRUINRYS-SLAAI MET DADELS EN AMANDELS | GENOEG VIR: 8 – 10 GAARMAAK TYD: 45 MINUTE

VIR DIE MOOI

VIR CHARLOTTE: • Die stories, die magiese. Alles deel van die wonder van ’n kinderwêreld; dinge wat ons vir ewig onthou. Dis sulke herinneringe wat sy dié Kersfees saam met klein Charlotte wil maak. Vir SARIE was die aktrise Rolanda Marais self nog altyd ’n stukkie magic. Oor die jare vele stories, menige voorblad. Elke keer vintage Rolanda. Bekend vir haar eie styl, tegelyk modern en nostalgies. Nes hierdie Kersfees in skakerings van die natuur se mooiste groene, sagpienk en glimmende goud

VIR DIE MOOI

PEER

GOUD & BIETJIE BLOU: • Dis ’n geskenk: die natuur, wat kalmte bring en ons anker. Dis die inspirasie vir ’n meer aardse Kersfees waar porselein gekombineer word met organiese vorms en natuurlike elemente soos gedroogde blomme, pluime en sade. Waar nuut en reeds gebruik saam feesvier in skakerings van songoud en Delft-blou

Peer-en-appelkoosspeserykoek • Bedien die koek op ’n mooi geskropte kombuisplank en sif ’n dun lagie versiersuiker oor. As jy nie kans sien vir bak nie, ondersteun iemand wat lekker Kerskoeke bak en versier dit self.

VIR DIE MOOI

LEMOEN

MY WENS VIR KERSFEES…

NOSTALGIE:

AFRIKA-BETOWERING: • Dramatiese swart en skerpwit. ’n Spel tussen lig en donker. ’n Afrika-Kersfees sjiek met monochroom skakerings en natuurlik gesofistikeerd met droë takke vir ’n unieke Kersboom, fynbos vir ’n treffende swart krans, en op die tafel kralewerk en shweshwe-patrone tipies van ons land en vasteland. Kontras en tekstuur. En ’n bietjie misterie – soos die ontwykende, eksotiese swart luiperd van Afrika wat ’n droom en ’n glansboek geïnspireer het

VIR DIE MOOI

BEET

NATANÏEL &107 KAALKOPPE: • Een oproep in 2001 en SARIE het ’n nuwe rubriek, Kaalkop, gehad. Vanjaar vier Nataniël 20 jaar as een van SARIE se gewildste rubriekskrywers nog. Elke skrywe ’n moet-lees: inspirerend, ’n stukkie waarheid, snaaks, op die man af, hartseer, stylvol, nostalgies. En áltyd eerlik. 107 Kaalkoppe bied betyds vir Kersfees ’n keur van sy rubrieke. Ons kies drie gunstelinge

KUBERKERSFEES: • Kersfees in die vreemde is ’n heel nuwe ondervinding met anderste gewoontes, rituele, versiersels en feeskos. En dan soms is dit so dieselfde as ’n Kersfees by die huis. ’n Hand vol Suid-Afrikaners uit Chili, Italië, Noorweë, Georgië en Madagaskar vertel ons meer. Ons hoor ook uit Suid-Afrika

DROOM VAN WIT: • Ons ken die woorde van die liedjie I’m Dreaming of a White Christmas, ons versier ons bome met kamma-sneeuvlokkies – daar’s iets aan ’n spierwit Kersfees van verre lande wat ons aan die suidpunt van Afrika bly bekoor. Dis nostalgies en dromerig. En dis moontlik, want wit, room en silwer dekoritems is maklik om in die hande te kry

VIR DIE MOOI

TUSSEN BLOMME: • Helder en...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 124 Publisher: Media 24 Ltd Edition: SARIE Kersfees Kreatief

OverDrive Magazine

  • Release date: November 4, 2021

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans