Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

DÉCOR 2022
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Redakteursbrief

Redakteursbrief (Dekorredakteurs)

NUUT & NOU • Dié gewildste tendens in dekor is steeds biofiliese ontwerp. Hieruit vloei die gebruik van die kleur terracotta. Ons sien ook sagte dekorteksture en allerlei kerse wat atmosfeer skep. Kombuise is die bymekaarkomplek vir kook, kuier en werk, en tuiskantore is meer volledig ingerig. Hier is 6 trends wat nou saak maak

BLOMSWIER • In die blomwêreld is sierlike dahlias tans bo-aan die gewildheidslys, met dié blomme ook die inspirasie vir dekor-items. Die groot verskeidenheid blomkleure komplementeer sagte pienke, koraal, oranje, klei en ander warm skakerings wat nou in binneversiering te sien is

Koel, knus en ekovriendelik • IsoBoard bied ’n verskeidenheid praktiese en klassieke isoleringsopsies vir moderne tuistes

OOS, WES, PLATTELAND BES • Ons is woelig. Asof Covid-19 gewys het dat die ondenkbare oornag kan gebeur en nou vat ons dit verder. Die lewe is onvoorspelbaar en kosbaar en mense het doodeenvoudig besluit om nie hul drome uit te stel vir ’n dag wat dalk nooit kom nie. Ons pak op en trek, kus toe, Karoo toe, en asem die nuwe in, skryf Bianca du Plessis Malan

DIE TUISKOMS • Ek het maar altyd geweet ek gaan huis toe kom. Oos-Vrystaat toe. Jare lank al. Die hoe en die wanneer was minder duidelik. En toe, ná bykans 20 jaar in Kaapstad, met tussenin ’n draai of twee in die Midde-Ooste, gebeur dit

DAAR’S NET IETS IN DIE LUG • Tydens die inperking twee jaar gelede sou die Kaapse modestilis en -redakteur Mari Groenewald en haar gesin net vir ’n paar weke na haar skoonouers se kleinhoewe op Montagu uitwyk. Nou is hulle stewig op dié geskiedkundige dorp ingenestel

NET MOOI FINE OP STANFORD • Ná vele omswerwinge, selfs ’n draai in Frankryk, woon die Kaapse binneversierder Lanie van Reenen nou in haar eie gerestoureerde huis op Stanford. Op dié Overbergse dorp, waar mense nog diep vir mekaar omgee, voel sy tuis en geborge

TYD VIR DIE DINGE WAT SAAK MAAK • Af en toe vra iemand weer die vraag wat ons 17 jaar gelede konstant moes beantwoord: Wat het julle besiel om in die winter van 2005 ’n ‘naweekhuis’ op die beskeie Swartlandse dorpie Koringberg te koop? Hier is dan níks nie – waar’s die bank, die vulstasie, die restaurant, die koffiewinkel?

WAT ONS ONTVANG, IS GENOEG • In my ouma se huis in die Klein-Karoo was die sonkamer presies dít, nie ’n tuiskantoor nie. Die spensie was vol flesse ingelegde beet, slopies droëvrugte en sakke aartappels, en sy’t slegs die kombuisdeursleutel saamgevat as sy uitgaan, nie ’n hele tros, plus ’n afstandbeheer vir die huisalarm, garagedeur en sekuriteitshek nie. Dis veral my magdom sleutels wat my na ’n eenvoudiger bestaan laat hunker

Luukse hotelgemak tuis

Pienk lug en Karoo–stilte • Die dorre landskap van die Bo-Karoo is nie vir almal nie. Nog minder vereenselwig jy dit met stedelinge en ’n droom van semigreer. Intussen het Pink Hill – ’n moderne plaashuis met ’n kontemporêre, monochroom interieur – tot stand gekom vir wanneer die tyd ryp is om permanent op Nagtegaalsfontein te kom woon

KRY DIE VOORKOMS • ’n Ingangsportaal is verwelkomend. In die Strydoms se plaashuis Pink Hill op Jakkalsfontein is verskillende teksture in ’n monochroom kleurskema saamgevoeg en nooi jou na binne. Sien ook bl. 60

Eertydse glorie tydsaam herstel • Gesig berg toe gedraai, nestel dié...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 204 Publisher: Media 24 Ltd Edition: DÉCOR 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: August 12, 2022

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans