Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

May/Jun 2023
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Michélle sê ...

ons inspirasie

ons wêreld

Julle sê... • SÊ DIT, SKRYF DIT, TWIET DIT, DEEL DIT IN SARIE & OP FACEBOOK TWITTER & INSTAGRAM

Nataniël sê ...

DIE volkomeAMY • In die splinternuwe kykNET-reeks Die Real Housewives van die Wynlande sien kykers die voormalige Mej. SA Amy Kleinhans soos nog nooit tevore nie. The good, the bad, the happy, the sad . . .

Rika Sennett ’n SUPER trouper • In Snip en Rissiepit het Rika 50 jaar gelede die land laat gons. Die mooi blondekop was die nuwe silwerdoekliefling. Sedertdien was sy altyd dáár, in al die seisoene van die plaaslike vermaaklikheidsbedryf. Watwou Botox – nou het sy meer werk as ooit

Vir SA sal sy die vrae bly vra • ’n Mooi rok kan sy nie weerstaan nie, sy kook, skilder, skets, hardloop en is lief vir die natuur. Maar haar eintlike talent is geheime uitsnuffel. Om stuk vir stuk die waarheid bloot te lê. Of dit Denel, Transnet, Prasa, die SAID, SAL of die Guptas is. Want dis die ding van ondersoekende joernalis Pauli van Wyk, vasbyt kan sy, aanhou gaan sy!

HOE DROME waar WORD • Talent is duidelik in hul bloed. Maar vra jy vir sjef Jan Hendrik van der Westhuizen en sy jong familielid die atleet Zenéy van der Walt die geheim van hul sukses, sal hulle sê dis hul kanniedoodhouding . . . om net nooit op te gee nie

EK PEN GRAAG DIEP GOED NEER

SARIE se TOP 5 • Dinge, doeners en gedagtes maak ons wêreld ’n interessante plek. Hier’s vyf op ons lys van uitskieters

DIS IN ONS BLOED • Die een is op haar gelukkigste op haar motorfiets, die ander in ’n vegvliegtuig. Kirsten Landman en Mandisa Mfeka floreer op uitdagings en avontuur, en albei moes vasbyt in ’n mansgedomineerde wêreld om hul droom te kan leef

JA OF NEE vir net vier dae per week werk? • Wêreldwyd gons dit oor die vierdag-werkweek. In Ysland, Nieu-Seeland en België word dit al suksesvol toegepas. Toetslopies elders lyk belowend. Die pluspunt ’n beter balans tussen werk en lewe. Maar wat van produktiwiteit . . . wonder base

DIE VELE GESIGTE VAN SWART • Daar is net een soos swart. Dis die kleur van mag, gesag, rou, toorkuns, onheilspellendheid en vrees. Dit kan eweneens klassiek of eroties wees. En ons individuele reaksie daarop kan wyd verskil

LAAT-PRESTEERDERS HAAS OF SKILPAD? • Die ‘dom’ maatjie? Skaam en die kleinste outjie in die klas? Sommige mense weet wat hulle wil doen vandat hulle kleuters is. Ander, weer, het tyd nodig om rond te speel – hul passie te vind en uiteindelik uit te blink

ONS NOOI JOU SKRYF IN!

TULUM, taco’s & TORTILLAS • Die heldergroen van die oerwoud, laslappiekombers van kleure, watertandgeure van die kos en hartlike mense van Mexiko sal jou lank ná ’n besoek bybly

GESIG VAN DIE MAAND BEYONCÉ

DUBBELE TREFFERS • Dié winter se moet-hê-items werk vir enige modestyl. Die geheim is om dit jou eie flair te gee. SARIE Nuwe Gesig 2022 Lindy Maree* van Pretoria wys hoe jy een item op twee maniere dra

MODEDINGE • Omhels die 4 moet-hê-wintertendense wat gróót was op die loopplanke en straatstylmode geword het te danke aan beïnvloeders

LANGER JONGER TOPBESTANDDELE VIR ’N jeugdiger vel • ’n Vel wat verouder, is so natuurlik soos die son wat opkom. Maar daar is kragtige bestanddele wat sê: Stadig, veroudering. Bestanddele...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 149 Publisher: Media 24 Ltd Edition: May/Jun 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: May 5, 2023

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans