Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

Sarie Okkasie
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

DAAR IS SOVEEL OM TE VIER…

Tyd vir JOLYT • Feesvieringe dié tyd van die jaar is onvermydelik en ons omhels dit met oorgawe. Want dis mos wat ’n mens aan die einde van ’n jaar vol lag en huil doen, nie waar nie? Maar hoekom wag vir die tradisionele feesgeleenthede en groot mylpale voor jy jou partytjiehoed opsit? Daar is soveel dinge in die lewe om te vier. Kap dit uit, sommer elke dag!

’N FEES OMHUL IN GEUR • Kersfees is ’n tyd van saamwees en nadenke vir meer as twee miljard mense op die planeet. En ’n tyd om jou huis te versier met ’n oorvloed groen loof as simbool van hoop. Kies ons eie fynbos wat vars bly en jou huis in geur omhul. Lank ná die gaste reeds weg is, talm die kosbare geur van die onthou steeds

HERINNERINGE: WAT KOESTER JY?

VIR DIE MOOI

GLOED VAN GOUD • Kersfees is ’n geleentheid vir spesiale herinneringe. Delf diep in jou bêreplekke vir gekleurde glasbottels en vase wat feeslig weerkaats, en haal mooi ou silwereetgerei en koperskinkborde uit. Selfs ’n vergete trofee of twee deel die kollig. Dek dan ’n vol, onvergeetlike tafel afgerond met wit proteas, kerse, tikkies amber en warm karamel

VIR DIE MOOI

PURE VERWONDERING • Klein oomblikke skep dikwels groot herinneringe. Verwonder jou saam met jou kinders aan die lewe se menige eenvoudige dinge en die vreugde wat dit bring. Stap in die veld, loop kaalvoet op die strand en hoor hoe die branders op die rotse breek. Leer saam om opnuut te kyk, te luister en elke dag se klein vondste te waardeer

VIR DIE MOOI

’N AARDSE PASE • ’n Viering so betekenisvol dit snoer duisende in die wêreld in eerbied saam. ’n Fees waar ook tradisionele simbole soos paasbolletjies, paashase en paaseiers op ons tafels pryk en vir pret en plesier sorg. Die boodskap van Paasfees is immer een van hernuwing en hoop. En altyd saamwees. Hier is die natuur jou inspirasie

DIE PAASTYD BLOM • Wit, pers, pienk en goud is die kleure van Paasfees. Bosse vars blomme die teken van ’n blye okkasie. Skep iets spesiaals en speel met die idee van iets ouds, iets nuuts, iets kreatiefs en altyd ’n tikkie bloupers. Nou is die tyd vir vintage-porselein, eiers wat jy self versier, blomprente en lap met blompatrone. Voel die vreugde

VIR DIE MOOI

’N KRISTALBLOU DAG • Die liefde oorwin alles. Soos digter Maya Angelou herinner: Die liefde het geen ontsag vir struikelblokke nie. Dit spring oor hekkies en heinings, loop deur mure en eindig by die bestemming, gevul met hoop. Dit was die pad wat Schané Fouché, SARIE Voorbladgesig 2019, geloop het. Op ’n blou-blou dag het sy getrou… en hoe perfek was dit nie

VIR DIE MOOI

HARTSBEDERF OP 70 • Verjaardae is vir almal belangrik en ons wil dit graag op ’n spesiale manier vier, veral as dit ’n mylpaal is. Musiek, vonkelwyn, aardse kleure en vyfsterkos was Elzabe Malan, ’n kunstenaar van Pretoria, se grootste geskenk op haar 70ste verjaardag. Boonop omring deur die mense vir wie sy lief is

VIR DIE MOOI

MOOI SOOS ’N REËNBOOG • Vir kinders is hul verjaardag spesiaal en weke lank tel hulle die slapies af tot die groot dag. Lilya de Wet het onlangs vier geword en wou opsluit ’n reënboogpartytjie hê. Haar kreatiewe ma, Gera, het die kleure van die reënboog met strikke gekombineer om dié partytjiedroom vir haar sonnige en vriendelike dogtertjie waar te maak

Ons SARIE Wereld

VIR DIE MOOI

WAGTER –...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 148 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Sarie Okkasie

OverDrive Magazine

  • Release date: December 1, 2022

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans