Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

Sept/Oct 2022
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Passie is ’n wonderlike ding. En hoop.

ons inspirasie

ons wêreld

Julle sê ... • SÊ DIT, SKRYF DIT, TWIET DIT, DEEL DIT IN SARIE & OP FACEBOOK, TWITTER & INSTAGRAM

Nataniël sê ...

DIE KUNSTE GLIMLAG WEER • Die vermaakbedryf glimlag weer. Blom weer ná die pandemie. Vele drome was aan skerwe, vir baie was dit ’n tyd van rou en kommer. Maar ook van oorlewing en besinning. Bekendes Amalia Uys, Nadia Valvekens en Ewan Strydom vertel van die pad wat hulle geloop het. Van die geluk by die ongeluk

‘DIE WÊRELD wag nie’ • Toe Tracey Lange jare terug by ’n regsfirma gewerk het, het die direkteur gereeld vir haar gesê sy vermors haar persoonlikheid daar. Vandag is sy die vonk op radio, die glinster op Bravo! se rooi tapyt. En sy kry dinge gedóén – voor en agter die skerms

BOERE-MACGYVER • Sowat twee dekades lank het 7de Laan-kykers Francois Lensley as Marko geken. Maar altyd was hy tegelykertyd besig om iets skeppends met sy hande te doen. En daai hande kan raakvat, hoor. Nou het hy met gemak in ’n nuwe rol geglip: dié van vakman en skepper van funksionele kuns

BLYDE KENNE, SMIT • Sy het grootgeword tussen koffietafels, haar akteurstande geslyp in 7de Laan se Oppiekoffie en onlangs die liefde gekodeer met ’n tikkie Troukoors*. Soos die rivier waarmee sy ’n naam deel, is aktrise en fotograaf Blyde Smit se lewe propvol interessante kronkels en draaie

HAAR BELANGRIKSTE SEISOEN NÓG

Portret van ’n pianis • Clara Schumann was byna 200 jaar gelede die wêreld se eerste vrou wat ’n uitvoerende komponis en konsertpianis geword het. Nou kry drie prominente SA vroue ’n geleentheid om haar lewe op die verhoog uit te beeld én hul eie liefde vir musiek uit te leef

WAAR vandag is se leiers? • Dit wil lyk asof vandag se leiers almal voete van klei het. Ons vertrou hulle nie, bevraagteken hul motiewe en betwyfel hul geloofwaardigheid . . . Is daar nog ware leiers?

KINDERMOLESTERING Daai ‘omie’ dalk in jou huis • Een uit vyf kinders in SA word gemolesteer en in 90 persent van die gevalle kén hulle die oortreder. Hier’s hoe jy jou kind paraat kan grootmaak – sonder om hulle bang te praat en van hul kindwees te ontneem

Obie kyk anders • HappySadLand* is típies Obie Oberholzer, dié uit-die-boks fotograaf se grendelprojek en sy vyftiende koffietafelboek. Hierin vertel sy foto’s, toegelig met kreatiewe byskrifte – ‘Obie’s way’ – van sy reise oor die afgelope vyftig jaar. En meer van dié ou wat homself ‘Trompie’ noem – sonder gier of geit

GESIG VAN DIE MAAND JULIA GARNER

Dans die lente binne • Ons is weer vry om rond te beweeg, reg om mooi aan te trek. Lente speel saam met modes wat moeiteloos skitter. Taneal, ballerina-dogter van oud-Bok Percy Montgomery, dans die nuwe seisoen in. Ook in ’n wit rok, o so Marilyn Monroe

MODEDINGE • Net soos die bloeisels van die lente tans hul mooiste kleure wys, is dit tyd vir jou klerekas om te bot. Hier’s ons vier moet-hê-items

O, SO MOOI! Ongetemde krulle • Wêreldwyd kies vroue deesdae om hul natuurlike krulhare te omarm. Gewapen met die regte kennis en produkte kan jy met selfvertroue ook jóú krulle dra

MOOIDINGE

LUUKS

HIER’S ONS FENOMENALE TOP-5

Geur van speserye •...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 149 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Sept/Oct 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: September 2, 2022

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans