Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

SARIE Kreatief 2023
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Brief: Kreatiewe redakteurs

Wolverlief • Met dié dat brei en hekel nou weer so gesog is, woel dit waarlik in die wol-wêreld! Op eie bodem gryp skeppendes én sakemense die geleenthede aan wat die trend bring. En by die onlangse Europese modevertonings het treffende breidrag op die loopplank gepryk. Veral bonkige serpe, helder kleure, strepe en verskillende teksture is vanjaar gewild

Patrone vir VROUE & MANS • Brei het ’n manier om mense bymekaar te bring, en ek hou daarvan Debbie Macomber, Amerikaanse skrywer

FAUX PELSBAADJIE • Vir dié fluweelagtige breidraad het jy net ’n eenvoudige patroon nodig om ’n stylvolle baadjie met ’n pelsvoorkoms te brei

HOËHALS-WOLTRUI • Sirkelpenne word deurgaans gebruik vir die brei van dié trui. Die breidraad se kleur is ’n mengsel van steenkool en wit, wat dit ’n gevlekte voorkoms gee

EKSTRALANG SERP • Brei in dubbelmossteek met een bol breidraad wat breë strepe vorm soos jy vorder

GEHEKELDE BAADJIE MET BOBBEL-KLOKMOUE • Die moue in bobbelsteek en lyfgedeelte in ’n ander – makliker – patroonsteek gee dié baadjie ’n voorkoms wat jou sterk aan vanjaar se loopplank-modes herinner

HEKEL ’N SLENTERSAK • Die sak word met drie drade tesame gehekel en kleurvariasie word verkry deur soms die rooi en linnekleurige drade saam te gebruik

WARM DRIEKLEUR-TRUI • As jy nog net klein items gebrei het, is jy nou gereed om ’n trui te brei – dié eenvoudige patroon is ideaal daarvoor. Jy gebruik dik penne en wol en die aanwysings vir elke grootte is afsonderlik gegee sodat jy dit heel maklik kan volg

KLASSIEKE MANSTRUI • Dié trui in die kenmerkende vissermansrifsteek sal ’n staatmaker in elke winterkas wees

RUSTIEKE TRUI MET BLOKPATROON • Die breidraad is van verskillende kleure gespin, wat dié lekker warm trui ’n unieke voorkoms gee

SLENTERTRUI VIR HOM • Die oortrektrui is vir elke dag se dra en word met ’n maklike rifsteek gebrei

HEKEL ’N SERP MET SAKKE • Hou jou nek en hande warm met dié gehekelde serp van veelkleurige draad

VEELKLEURIGE STREPIESKOMBERS • Hier is die maklikste patroon denkbaar om ’n groot kombers vinnig te brei – boonop van breidraad wat geen wolletjies maak nie

TYDLOSE OORTRUI • Die klassieke styl en kleur sal vir baie winters ’n aanwins in jou klerekas wees. Daar word deurgaans met twee drade tesame gebrei (Patroon is net vir die trui, die muspatroon is nie beskikbaar nie*)

BOKHAARTRUI MET BOOTNEK • Brei ’n ligte en veelsydige raglanmou-trui met twee breidrade tesame. Jy kan natuurlik ook die trui in net een kleur brei as jy wil

SJIEK MOULOSE TOP • Dra die top net so of oor ’n bloes vir ’n elegante geleentheid. Die breidraad gee die effek van kunspels en is supersag

HEKEL ’N LOSPASSENDE JAS • Tradisionele granny square-hekelwerk word weer oral op loopplanke gesien. Dié jas in drie kleure is ideaal vir koeler dae en veral vleiend vir die voller figuur

MOULOSE OORTRUI EN BEANIE • Die breidraad se kleure vorm vanself die breë strepe. Net twee bolle breidraad is nodig om hierdie gemaklike oortrui en mus te brei.

LANG TRUI MET OPGESTOPTE KRAAG • Die liggewig-breidraad met subtiele kleurwisseling in die vesel maak dit moontlik om groot items te brei. Die kraag word opgestop en gee die trui mooi vorm en volume

OORGROOT TOP MET V-HALS • Die veelsydige top...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 92 Publisher: Media 24 Ltd Edition: SARIE Kreatief 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: June 2, 2023

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans