Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

2022
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Brief: Kreatiewe redakteurs

SARIE Kreatief

Wolverlief • Die afgelope twee jaar was daar ’n ongekendewas daar ’n ongekende oplewing in brei en hekel. Die jongklomp wil leer om dit te doen, ’n ander garde wil hul vaardighede opskerp, en die bedrewe hande soek uitdagings en nuwe tegnieke. Aan die modefront bly dit ’n inspirasie en by onlangse ontwerpersvertonings oorsee is weer interessante skeppings gesien

koueweer patrone

VEELKLEURIGE PONCHO • Makliker sal jy nie sommer kry nie – brei net ’n reghoek en werk twee nate toe

HEKEL ’N STREEPHOED • Die patroon is net so moeiteloos soos dié van die poncho. Jy hekel basiese steke, verminder en vermeerder en in ’n japtrap is die hoed klaar

BONKIGE WINTERSTRUI • Die trui word met dik penne in ’n mooi steek gebrei. Die draad is ook geskik vir komberse en musse

WARM WOLTRUI IN DRIE KLEURE • Die trui word met ’n besondere dik pen gebrei en die eindresultaat is pragtig

AANGLIPTRUI MET RELIËFSTEEK EN ANDER PATRONE • ’n Kombinasie van verskillende steke word gebruik om dié trui te brei. Die breidraad is heerlik sag en geskik vir elke seisoen

ONDERBAADJIE • As jy ’n beginner is, is hierdie knoop-onderbaadjie net die patroon vir jou. Basiese steke en tegnieke word gebruik

LANG BAADJIE MET KRAAGDETAIL • Hierdie klassieke treffer het driekwartmoue sodat jy dit lente, herfs en winter kan dra

strepies patrone

VEERLIGTE GESTREEPTE TRUI • Die knooplose lang, lospassende trui word met sagte bokhaar gebrei en is snoesig warm maar heerlik lig

GESKAKEERDE KORTMOU-TOP • Die besonderse top het ’n kantpatroon om die rande en die breidraad vorm subtiele kleurskakerings soos jy brei

HOËHALSTRUI MET STREEPMOUE • Gestreepte moue en rygsteek-versiering gee unieke karakter aan dié basiese trui

RAGFYN TRUI MET BALLONMOUE • Die groot moue maak dié trui ’n styltreffer. Die hele kledingstuk word met sirkelpenne in die rondte gebrei

DRIEKWARTMOU-TOP MET BOOTNEK • So ’n ligte strepiestrui is lekker veelsydig – jy kan dit selfs onder ’n baadjie dra vir ’n meer formele styl

KATOEN-MANSTRUI MET STREPE • Die neutrale kleure word opgekikker met ’n verrassende strook lemmetjiegroen. Die trui kan dwarsdeur die jaar gedra word

kinder patrone

GEMAKLIKE BABA-ONESIE • Die veelsydige speelpakkie is ideaal vir somer – en op kouer dae trek jy net ’n T-hempie onder aan

KINDERTRUI IN DUBBELMOSSTEEK • Al lyk dit na ’n ingewikkelde patroon, is dit doodmaklik en word met net twee bolle breidraad in dubbele mossteek gebrei

MODIEUSE MUS VIR ’N SEUN OF DOGTER • Die mus word in die rondte gebrei en het geen naat om toe te werk nie. Die gebruik van twee kleure wol vorm ’n interessante strepiesontwerp

OORGROOTKINDERTRUI • Die kleingoed sal lewe in hierdie lekkerdra trui vir al die seisoene. Die maklike patroon word in reksteek gebrei met detail by die moue

ONESIE VIR KLEINDING WAT KRUIP • Dié kruippakkie is nie net te oulik vir woorde nie, dis boonop geskik vir tussenin-dae

SNOESIGE ONESIE • Die kledingstuk is makliker om te brei as wat dit lyk. Dit sal jou baba warm en gemaklik hou

STREPIESTRUI VIR BABA • Die skattige trui is ’n lekker naweekprojek. Die breidraad is ’n sysagte mengsel van katoen en wol.

KINDERTRUI MET SELFPATROON •...

Expand title description text
Frequency: Monthly Pages: 92 Publisher: Media 24 Ltd Edition: 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: June 14, 2022

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans